"Rob is mal oor Dior," het 'n bron vertel wat ook verklap het dat die kontrak sowat $12 miljoen werd is oor 'n tydperk van 3 jaar. Hy word gereeld op die rooi tapyt in Dior-uitrustings gesien.

Bekendes wat al ambassadeurs vir Dior was, sluit in Jude Law, Charlize Theron en Natalie Portman.

Robert is vermoedelik besig om aan sy verhouding met sy meisie en mede-Twilight-ster, Kristen Stewart, te werk. Hul verhouding was op die rotse ná Kristen hom met die regisseur Rupert Sanders verneuk het. Kristen wou hom terughê

Robert is die afgelope naweek by die 2012 LACMA Art + Film Gala gesien.