Dié voormalige stout seun van musiek se lewe het verander ná sy dogter se geboorte.

In ’n emosionele radio-onderhoud op BBC Radio 4 het dié 39-jarige sanger gepraat oor die invloed wat sy dogter, Teddy, se geboorte op hom gehad het. "Dit is vir my moeilik om oor haar te praat. Alles wat ek doen, is vir haar," het Robbie, wat na aan trane was, gesê.

FOTO: Twitter Robbie en Teddy net ná haar geboorte verlede jaar, FOTO: Twitter

"Elke keer as ek nou sing, is dit ’n liedjie oor haar. Ek sal mense verveel, maar ek kan ’n trilogie albums net oor haar skryf."

Robbie Williams

Robbie glo dat daar ’n rede is dat Teddy oor sy pad gekom het, "Ek wou nie ’n kind gehad het nie en ek wou nie trou nie. Toe ontmoet ek iemand fantasties, word verlief en sy het my idees oor my lewe heeltemal verander."

Robbie het in 2010 met die aktrise Ayda Field getrou. Twee jaar later het hulle Theodora (Teddy) Rose Williams verwelkom. Robbie se nuwe lied "Go Gentle" is deur haar geïnspireer."

FOTO: Twitter Robbie wys Teddy se oulike skoene aan sy Twitter-volgers, FOTO: Twitter

Dit is ’n wonderwerk dat dít gebeur het, want nou kan ek die hele ervaring van menslikheid ervaar. Sy is net ’n wonderlike kind."

Luister hier na "Go Gentle":