Robbie Williams se BBC Electric Proms-vertoning word op 13 November om 20:00 regstreeks in 20 Ster Kinekor-flieks landwyd vertoon.

Robbie het 3 jaar laas 'n vertoning gegee en nou's hy terug vir slegs een aand by vanjaar se BBC Electric Proms. Hy gaan nuwe materiaal van sy toekomstige album, Reality Killed the Video Star, wat op 9 November verskyn, sing. Verwag beslis ook 'n paar van sy groot treffers. Robbie sal die verhoog deel met 'n stryk-ensemble, 'n blaas-ensemble, 'n volle orkes en musikale regisseur Trevor Horn.

"Dis baie opwindend om te dink dat 'n enkele vertoning in Londen gelyktydig deur 'n klomp mense wêreldwyd gekyk kan word," sê Robbie Williams.

Jy mag dit nie misloop nie!

Kaartjies nou te koop!

Wat kos dit? R65 (Discovery Vitality en Edgars-klublede betaal R50)

Waar koop ek kaartjies? By www.sterkinekor.com of skakel 082 16789

Watter teaters?

  • Tygervallei - Kaapstad
  • Cape Gate - Kaapstad
  • Bayside Mall - Kaapstad
  • Cavendish Square - Kaapstad
  • Somerset Mall - Kaapstad
  • Sandton City - Jhb.
  • Eastgate - Jhb.
  • Greenstone - Jhb.
  • Northgate - Jhb.
  • The Zone - Jhb.
  • Fourways - Jhb.
  • Westgate - Jhb.
  • Cresta - Jhb.
  • East Rand Mall - Jhb.
  • Brooklyn - Pta.
  • Kolonnade - Pta.
  • Mimosa Mall - Bloemfontein
  • Musgrave - KZN
  • Gateway - KZN
  • The Bridge - PE