Daar is ’n baie bekende sanger wat bitter graag Carpool Karaoke wil doen, maar dis hom nie beskore nie.

Arme Robbie Williams het aan Daily Star onthul dat hy ook deel wil wees van die eksklusiewe klub van bekendes wat deel is van James Corden van CBS se The Late, Late Show se Carpool Karaoke. Dié sanger is superbekend in ander dele van die wêreld, maar kon dit nie regkry om sy merk op die Amerikaanse musiektoneel te maak nie. Helaas, sê hy, hy is seker nie in Amerika bekend genoeg om lid van dié klub te word nie. Erger nog, hy het nog geen reaksie op sy versoek gehad nie …

Corden se Carpool Karaoke is baie gewild en supersterre soos Madonna, Bruno Mars en Lady Gaga was al in James se motor. Selfs die presidentsvrou, Michelle Obama, het al ’n draaitjie saam met hom gery.

Robbie is gelukkig nie al beroemde wat nog nie ’n geleentheid gekry het om sy karaoke-vernuf te wys nie. Daar is groot name in die vermaaklikheidsbedryf wat wag vir hul uitnodiging.

E!News het ’n lysie van bekendes saamgestel wat hulle graag in die program wil sien.

Hier is die lysie:

Rihanna

Justin Timberlake

Taylor Swift

Nicki Minaj

Miley Cyrus

Sam Hunt

Kelly Clarkson

Drake

Cher

Beyoncé

The Spice Girls

Wie wil julle graag saam met James op Carpool Karaoke sien?

Lees nou

Wenke vir padveiligheid

Taylor Swift se lippe – almal soek dit