Goor en stormagtige weer en die vulkaniese as wat steeds Europese lugverkeer teister, het 'n effense demper op die jolige okkasie geplaas.

Top-10 Cannes-films oor die jare. Foto's van vanjaar se Cannes-filmfees

Robin Hood begin vandag (14 Mei) op die grootskerm hier by ons wys. Russell Crowe, wat sedert hy 'n klein seuntjie was, gefassineer is deur die legende van Robin Hood, gesels oor 'n film wat hy meen vir die eerste keer reg laat geskied aan die storie.

Vervaardiger Brian Grazer het met die idee vorendag gekom om 'n moderne Robin Hood-fliek te maak.

"Toe ek en Brian Grazer (vervaardiger) aan American Gangster gewerk het, het ek vir hom gesê dis 'n storie wat ek baie graag eendag wil verfilm. Ek't die draaiboek gelees, en ek wou nie die storie net so oorvertel nie."

'n Lang pad vir Scott en Crowe

Crowe se verbintenis met Sir Ridley Scott (regisseur) kom al 10 jaar aan toe hulle Gladiator gemaak het. Daarna A Good Year, American Gangster en Body of Lies. Robin Hood is die vyfde keer dat hulle saamwerk.
En die storie moes begin waar die mite begin het, hoe Robin Longstride, 'n vegter (gespeel deur Crowe), uiteindelik Robin Hood word.

Die stel

Shepperton buite Londen was die basis van die fliekspan. Almal het daar naby tuisgegaan. Die Hampton-landgoed van 32 akker in die hartjie van Surrey, met rye en rye eikebome, was die ideale agtergrond vir Robin Hood. Een vegtoneel is in Pembrokeshire aan die Walliese kuslyn verfilm. In 'n stadium gallop 130 perde oor die strand, met sowat 500 ekstras wat te voet langsaan hulle loop.

Voor Robin Hood: 2 Merry Men op 'n plaas in Australië

Maande voor Robin Hood se produksie begin het, het Crowe homself begin gereed maak vir die rol. Hy't 2 van die akteurs wat sy Merry Men vertolk na sy plaas in Australië genooi (Alan Doyle speel Allan A'Dayle en Kevin Durand speel Little John). Die akteurs ken mekaar al vir jare, en hierdie sterk band tussen hulle is duidelik op die grootskerm.

Cate Blanchett as Lady Marion Loxley

"Sy was fantasties. Sy's 'n wonderlike aktrise en 'n agtermekaar mens. Haar vermoëns as aktrise is ongelooflik en ek't so lekker met haar saamgewerk," het Russell gesê.

Fiksheid...
Boogskiet, fietsry en oefen met gewigte was van die fisieke uitdagings wat Robin en sy manne moes deurstaan.

Het jy geweet?

Robin se Merry Men is almal eintlik musikante. Kevin Durand is 'n rapper, Alan Doyle speel en sing vir 'n suksesvolle Kanadese groep genaamd The Great Big Sea en Scott Grimes het al onder sy eie naam musiek opgeneem.