Sanger Robin Thicke het als probeer om sy huwelik met sy vrou, aktrise Paula Patton, te red. Maar volgens USA Today dagvaar Paula hom nou vir ’n egskeiding. Daar was lank probleme in die huwelik van die "Blurred Lines"-sanger Robin Thicke en sy hoërskoolliefde, Paula Patton. Tog het baie mense aanhou glo hulle gaan versoen raak ná Paula glo uitgevind het van Robin se beweerde flirtasies met ander vroue. Maar dit was nie die geval nie. Paula het vir ’n egskeiding gedagvaar en albei partye het daartoe ingestem. Volgens TMZ wil Paula toesig hê oor hul 4-jarige seun, Julian Fuego.

Robin Thicke het dié lied geskryf om sy huwelik te red

FOTO: Instagram @thegrammys FOTO: Instagram @thegrammys

Bron: USA Today, TMZ

Nog stories oor egskeiding: