Big Concerts het pas bekend gemaak dat die rock-groep Daughtry in Oktober in SA sal toer. Die konsert word geborg deur M-NET, 94.7 Highveld Stereo and 94.5 Kfm. Die eerste optrede is 27 Oktober by die Grand Arena, Grand West Casino and Entertainment World in Kaapstad en sal eindig op 29 Oktober by die Coca-Cola Dome in Johannesburg.

Chris Daughtry, voorsanger van die groep, was in 2006 'n finalis in die 5de reeks van die gewilde American Idol. Sy eerste album, met die titel Daughtry, is ook in 2006 uitgereik en het as die Billboard-topverkoper van die jaar selfs meer verkoop as die wenner van die reeks, Taylor Hicks, se debuutalbum.  Gaan lees ook meer op Big Concerts se webtuiste. BESPREEK VANDAG NOG BY COMPUTICKET. Die kaartjies wissel van R221 tot R399. Besoek ook Daughtry se webtuiste.
Kyk na die 'September'-musiekvideo