Hulle het gesorg vir groot treffers soos “Piano Man”, “In The Air Tonight”,  “Born in the USA”, “Paint It Black”, “With Or Without You” en “Dream On”.

Hierdie sewe rocksterre het ook beeldskone en ewe talentvolle dogters. 

Billy Joel

Die Amerikaanse sanger, wat oor die laaste paar dekades reeds talle Grammy-toekennings verower het, is die trotse pa van drie dogters: Alexa Ray (34), Della Rose (4) en Remy Ann (2). Sy oudste dogter volg in sy musikale voetspore en het reeds talle enkelsnitte uitgereik. Haar ma is die Amerikaanse supermodel Christie Brinkley, wat in Billy se 1983-musiekvideo “Uptown Girl” verskyn het. Die paartjie was vir nege jaar getroud, maar hul paaie het in 1995 geskei.

Alexis Ray Joel FOTO Instagram / Alexis RayJoel

Phil Collins

Die tromspeler en sanger was vir dekades deel van die Britse rockgroep Genesis voor hy ’n sololoopbaan aangepak het. Hy is die trotse pa van vyf kinders, onder wie die Golden Globe-benoemde aktrise Lily Collins (31). Haar ma is Amerikaanse aktrise Jill Tavelman. Hulle was vir 12 jaar getroud voor hul in 1996 geskei is.

Lily Collins FOTO Instagram / Lily Collins

Bruce Springsteen

In 1991 is hy met sy “Jersey Girl”, die musikant Patti Scialfa, getroud. Sy het in 1984 as sanger by die E Street Band aangesluit en nie lank daarna nie saam met hulle op die Born in the U.S.A.-toer gegaan. Haar en Bruce se verhouding het in 1988 begin en in 1991 is hulle getroud. Hulle het drie kinders, Evan (30), Jessica (28) en Sam (26).

Jessica Springsteen FOTO Instagram / Jessica Springsteen

Keith Richards 

Die kitaarspeler en liedjieskrywer van die Britse groep The Rolling Stones is al sedert 1983 getroud met die model Patti Hansen. Die paartjie het twee dogters, Theodora (35) en Alexandra (33), albei suksesvolle modelle. Hy het ook drie kinders uit vorige verhoudings, Marlon (50), Angela (48) en Tara, wat tragies op drie maande gesterf het. 

Theodora Richards FOTO Instagram / Theodora Richards
Alexandra Richards FOTO Instagram / Alexandra Richards

Bono

Die hoofsanger en liedjieskrywer van die Ierse rockgroep U2 is al vir 38 jaar met die sakevrou Ali Hewson getroud. Die paartjie het vier kinders, onder wie die aktrise Eve Hewson (28). Sy het al in rolprente soos Robin Hood en reekse soos The Knick gespeel.

Eve Hewson FOTO Instagram / Eve Hewson

Steven Tyler

Die hoofsanger van Aerosmith is die pa van Hollywood-aktrise Liv Tyler, bekend vir haar rol as Arwen in die Lord of the Rings-trilogie. Haar ma is die sangeres Bebe Buell. Liv het in 1993 in Aerosmith se musiekvideo vir “Crazy” verskyn.

Liv Tyler FOTO Instagram / Liv Tyler