Sakevrou, mediese dokter en ma Rolene Strauss is tans in China waar sy die Mej. Wêreld-kompetisie bywoon.

Rolene is in 2014 as die wenner gekroon. Nou is alle oë op Thulisa Keyi, die huidige Mej. Wêreld SA en glo een van die gunstelinge by die kompetisie!

Op Instagram deel Rolene die mooiste foto's van haar in rooi. Dit het ons dadelik aan die bloedrooi Biji la Maison-rok laat dink wat sy in 2015 gedra het toe sy haar Mej. Wêreld-kroon aan die nuwe wenner oorhandig het.

Rolene oorhandig haar mej. Wêreld-kroon FOTO Getty Images/ Gallo Images


Die kroningsaand word Saterdag 8 Desember vanaf 13:00 op SABC3 uitgesaai.

FOTO Instagram/ Rolene Strauss
FOTO Instagram/ Rolene Strauss
Rolene Strauss saam met mej. Wêreld 2017