Ons eie Rolene Strauss (22) is gisteraand (14 Desember) in London as Mej. Wêreld 2014 gekroon. Dié vierdejaar mediese student het gesorg dat Suid-Afrika vir die eerste keer in 40 jaar met dié spogkroon wegstap. Dit ná Anneline Kriel dit in 1974 gewen het.

In 'n pienk eenskouer rok met romantiese flair het sy haar kroon ontvang, ná sy 122 deelnemers in die stof laat byt het.

roeline

Die ontwerper van Bloemfontein

Haar aandrokke is deur Casper Bosman, 'n jong ontwerper van Bloemfontein, gemaak. Hulle het by 'n funksie ontmoet, en sy't daarna vir Casper genader om haar ontwerper te wees. Nege ontwerpers moes hulle idees ingee vir Rolene se deelname aan Mej. Wêreld, en Casper Bosman van Bloemfontein was uiteindelik gekies om al Rolene se uitrustings vir dié geleentheid te maak.

Casper (1)

SARIE.com het vanoggend met Casper in Bloem gesels:

"Ek is al die hele nag wakker! Die mense bel en e-pos van regoor die wêreld!" vertel 'n opgewonde Casper Bosman.

"'n Mens wag jou hele lewe vir hierdie oomblik. Al jou drome word op 'n dag waar. Na ure en ure se harde werk en jare se droom - dan gebeur dit."

Vir Rolene se deelname aan Mej. Wêreld meos hy 5 aandrokke, 6 cocktail-rokke en 'n paar jasse maak. 

"Ons het almal gisteraand die show live gekyk. Ek het my naaste mense en my hele span om my gehad," vertel hy. "Rolene het ook konstant vir my pragtige boodskappe gestuur, ons gesels nog die hele tyd met mekaar."

photo-1

Die wenrok

"Jy gaan my nie glo nie, maar sy kon daai rok net een keer pas. Ons het tot die amptelik wuif in dié rok geoefen!" lag Casper wie net 5 weke gehad het om ál die uitrustings te maak.

"Ons het 'n spesiale rokkie gemaak wat sy vandag moet aantrek - op haar eerste dag as Mej. Wêreld. Dit is wit brokaat en in 'n Grace Kelly-styl," vertel hy.

En wat as jy daai belangrike oproep uit New York of Londen kry?

"Ek sal nooit Bloemfontein wil opgee nie. Dis my lewe, dis my mense. Ek wil graag gaan travel, en die kans hom voordoen sal ek daarvoor gaan," vertel Casper.

"Ons kry nou e-posse van regoor die wêreld - troubeplanners veral. Casper Design Wear maak in Februarie 'n tak in Johannesburg oop. Ons het dié jaar 80 matriekrokke gemaak, ek dink die span is baie moeg," sê hy.

En oor Rolene?

"Toe ek vir Rolene die eerste keer ontmoet het, het haar skoonheid my asem weggeslaan. Sy is beeldskoon!"

Matriekwenrok

Jy het dit dalk nie geweet nie, maar ons Matriekafskeidrok-wenner se rok is ook deur Capser Bosman gemaak. Die wenrok verskyn die Januarie-uitgawe van SARIE - nóú te koop!

Lees meer oor Rolene in jou Januarie-uitgawe van SARIE

JAN