Noem die naam Nedine Blom en mense vra dadelik: “Rooikop-Nedine?”

Want die afgelope agt jaar is dié Afrikaanse sangeres se vlamrooi kapsel haar handelsmerk – net so deel van haar as haar Supercool-CD’s, wat veral gerig is op tweens (7 tot 12 jaar).   

Maar nou is dit tyd vir ’n verandering.

Nedine stel in Augustus ’n nuwe CD bekend genaamd My inspirasie vir my vriendin, waarop sy in haar sopraan-stem ligte klassieke liedjies sing.

“Dis spesiaal vir die vriendinne in ’n vrou se lewe, want hulle inspireer ons. Die eise wat die lewe aan ons stel, is dikwels oorweldigend en tydens laagtepunte hou vriendinne my staande. Sonder hul ondersteuning sal ek hulpeloos wees.”

Om met die CD saam te val het sy besluit om vir die eerste keer in byna ’n dekade haar hare te laat groei en aar-?beiblond te kleur. Vir eers gaan sy ’n rooi pruik dra vir haar Supercool-optredes.

En wat ’n transformasie!

* Help haar om die régte CD-voorblad vir haar nuwe CD te kies. Stem vir jóú gunsteling-voorkoms: rooikop of blondine? Vul die vorm hieronder in om te stem.

Watter voorblad verkies jy?

* Gaan luister ook na haar SARIE-liedjie, 'My inspirasie', op www.nedineblom.co.za