Marie Fredriksson en Per Gessle keer terug na die kalklig ná 'n afwesigheid van 10 jaar en besoek Kaapstad en Sun City in Mei 2011 om die konsert van die dekade te lewer!

In 2001 het dié twee met vertonings opgehou toe Fredriksson met 'n breingewas gediagnoseer is, wat intussen suksesvol verwyder is, en hulle is nou weer reg om groot opskuddings te veroorsaak soos toe 19 van hul liedjies op die Britse top-40-lys was.

Roxette het al byna 60 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop! 'n Nuwe album is ook in die vooruitsig vir begin 2011 en daarom sien ons ekstra uit dat hul tweede debuut ook in Suid-Afrika gevier word!

Bron: www.mio.co.za

ONS FACEBOOK-FANS SE GUNSTELING ROXETTE-LIEDJIE!