Top Billing- en How do I look-aanbieder Roxy Burger is een van Suid-Afrika se goue meisies. Slim, mooi en talentvol.

Sedert begin vanjaar is sy ook ma. Sy en manlief Neil Shraga het hul eersteling-prinses, Adrienna Zoey, in Januarie verwelkom. Nou neem die skattige dogtertjie haar ma se Instagram-blad behoorlik oor soos foto’s van haar verskyn.

Sedert Adrienna se debuut op die fotonetwerk raak volgelinge net al hoe meer verlief op haar en haar stylvolle uitrustings.

En met haar bokkie oë is sy uitgeknip haar pa – te pragtig!

KYK HOE OULIK IS SY!

FOTO Instagram/ Roxy Burger
FOTO Instagram/ Neil Shraga
FOTO Instagram/ Roxy Burger
FOTO Instagram/ Roxy Burger