Die Suid-Afrikaanse TV-aanbieder Roxy Burger trou die Paasnaweek met haar hoërskoolliefde, Neil Shraga.

Roxy en Neil trou dié langweek naby Plettenbergbaai, waar hulle sedert hul tienerjare vakansie hou.

Roxy en Neil het op 13 April 2013 verloof geraak in Johannesburg waar hulle woon. Neil het Roxy gevra om te trou met ’n ring met ’n  Forevermark-diamant in roosgoud.

72 Roxy Hands 72 Roxy Ring C

Bekendes soos Michelle Obama, Jessica Chastain, Jennifer Garner, Margot Robbie en die sanger Pink dra oor dié diamante.

Roxy gaan ook Forevermark-juwele op haar groot dag dra. Dié juweliershuis het vir SARIE.com ’n voorsmakie gegee van haar prag-juwele.

72 Roxy FM MBFW 72 Roxy FM Port4 72 Roxy FM Side15 Interessante verloofringe - watter een is jou gunsteling?