Dié album het binne net twee dae goue status bereik, en met slegs 42 dae tot die groot afskop in Nieu-Seeland, loop die rugbykoors hoog.

Liedjies van topkunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Theuns Jordaan, Robbie Wessels en Jay is op die album. Lianie May het ook ’n liedjie, "Bekhou, kophou", wat bewys dat die vrouegeslag net so bankvas agter die manne in Groen-en-goud staan.

Dit is musiek wat jou hart trots laat klop en soms die lagspiere sal laat prikkel.

Luister hier na ’n voorsmakie van die liedjie "Een vir almal".