Die Hollywood-paartjie Blake Lively en Ryan Reynolds is bekend vir hul privaatheid - veral as dit by hul kinders kom. Maar gister het dié gesin hul eerste openbare verskyning gemaak. Soos ons verwag het, is die kinders te skattig!

Ryan het sy ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang. En die pragtige Blake, in blou, was saam met hul twee dogtertjies daar om hom te ondersteun.

Hul oudste, James, het die kollig letterlik gesteel toe sy ’n mikrofoon gryp en geselsies maak. Hul jongste, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, het soet in haar ouers se arms geslaap.

Kyk net die dierbare foto's:

Ryan het in sy toespraak sy vroulief, Blake, bedank.

"Ek wil my vrou, Blake, wat net hier langs my sit, bedank. Sy is als vir my. Jy is die beste ding wat ooit met my kon gebeur het. Jy maak net als beter. Jy maak als in my lewe beter. Jy't my twee ongelooflike kinders gegee ..."

Die paartjie is in 2012 getroud.

Lees nou

Jou huis – wat jy moet weet voor jy weggaan vir die vakansie

Lief vir kaaskrulle? Jy kry nou kaaskrul-grimering!

FOTO: Die oulikste Kersvader nóg!