Filipa Carmo da Silva van Johannesburg het pas deurgedring na die tweede ronde van ’n sangkompetisie wat die TV- en radio-persoonlikheid Ryan Seacrest op die internet hou.

Die Best Cover of One Direction's Story of My Life Cover-kompetisie laat mense toe om te stem vir die beste nuwe weergawe (cover) van die musiekgroep One Direction se liedjie The Story of my Life. Ryan en sy span het aanvanklik 26 van hul gunsteling-weergawes op YouTube gekies. Die agttienjarige Filipa se YouTube-video het die oog gevang.

Intussen het die publiek begin stem en Filipa het na die tweede uitdunronde van die kompetisie deurgedring. Sy het op die oomblik die meeste stemme van al die finaliste in die kompetisie.

filipa 2Daar is ook meer bekende finaliste in die kompetisie. Josh Levi, wat vroeër ’n finalis op The X-Factor was, is tans tweede terwyl die musiekgroep The Vamps (bekend vir die radio-treffer Can We Dance) sewende is.

Kliek hier om vir Filipa te gaan stem.

Nóg Suid-Afrikaners maak ons trots

By die Australiese Ope in Melbourne maak die Kapenaar Raven Klaasen Suid-Afrikaners trots. Hy en sy Amerikaanse spanmaat, Eric Butorac, het gister in die dubbelspeltoernooi die wêreld se nommereen-span, die Bryan-broers, gewen!

Raven terwyl hy Oktober in Parys was. FOTO: Facebook Raven terwyl hy Oktober in Parys was. FOTO: Facebook

Bob en Mike Bryan het volgens Sport 24 oor die afgelope 10 jaar nege keer na die eindronde van dié toernooi deurgedring. Boonop het Raven en Eric eers verlede September saam begin speel.