Hy is dalk net 1,71 meter lank, maar die TV-persoonlikheid Ryan Seacrest (43) skroom nie om met langbeen-modelle uit te gaan nie. Inteendeel, hy kyk weer met liefdevolle oë op na een.

Die gelukkige dame? Shayna Taylor, ’n 26-jarige model van die VSA wat 1,75 m lank is.

Die laaste paar maande deel die paartjie oulike foto’s op Instagram waarby hulle ook hul liefde aan mekaar verklaar. Die twee het in 2013 ook 'n paar maande lank uitgegaan.

Ryan het onlangs aan US Weekly verklap dat hy en Shayna leer om die tango te dans.

"Ek leer nog!"

KYK DIE OULIKE PAARTJIE

FOTO Instagram/ @ryanseacrest
FOTO Instagram/ @shaynateresetaylor
FOTO Instagram/ @shanyateresetaylor
FOTO Instagram/ @shanyateresetaylor