Of jy 6 maande of 60 jaar oud is, jy kan nou leer kop bo water hou by die swemskool van ster-swemmer Ryk Neethling. Hy het Vrydagaand (8 Mei) die eerste van 'n string landwyd in Faerie Glen, Pretoria, geopen.

Onder die kleingoed wat eersdaags soos 'n vis in die water sal wees, is die 6 maande oue Curtis van Harry Campbell, een van die Campbell-broers. Top Billing-aanbieder Michael Mol en sy vrou, Jacqui, se 8 maande oue Naethan is ook daar.

Maar wag, dis nie al nie. As deel van die pakket is daar ook Ryk Neethling-jellievis-lekkers. En suigstokkies. Eksklusief aan die skole.

Om meer uit te vind en te sien waar die naaste skool aan jou huis is, besoek www.learntoswim.co.za.

En dalk, as Ryk sien hoe gewild die jellievis-lekkers onder die kleinspan is, oorweeg hy dit om jellie-mannetjies te maak – vir die mammas wat ook sou wil leer swem.