Hoe het dit gebeur dat jy `n rol in dié internasionale rolprent losgeslaan het?
Ek het net voor die 2010 Wêreldbeker Sokkerbyeenkoms `n oudisie gedoen saam met honderde ander talentvolle akteurs. Ek moes wag tot ná die byeenkoms en toe het ek `n oproep gekry. Ek was oorstelp!
 
Hoe voel dit om saam met sulke groot akteurs te speel?
Halle is vol grasie en hulpwaardig. Ek het nooit gevoel asof ek sukkel met `n toneel nie. Olivier het gesorg dat almal op die stel lighartig is – dit was nogal stresvol om bedags al die seetonele te skiet. Ralph Brown, wat my pa in die fliek speel, is `n wonderlike akteur en ek het dit geniet om saam met hom te werk.Ons het ook dikwels saam gekuier as ons nié gewerk het nie en het mekaar baie goed leer ken.
 
Wat het die fliek jou oor jouself geleer?
Dat ek beter ín die water is as daaróp. Ek raak so seesiek. Dit het my ook geleer ek is baie sterker as wat ek gedink het ek is en dat enigiets moontlik is as jy dit wil doen, al klink dit nou baie corny.

Luke Tyler
 
Watter deel van die fliek het jy die meeste geniet?
Om naby aan die witdoodhaaie te kom. Hulle word baie misverstaan deur mense en is eintlik fassinerende wensens. Dit was asemrowend om hulle te sien swem, kragtig, maar ook grasieus.
 
Hoekom geniet jy dit om toneel te speel?
Ek hou daarvan om vir mense insig te gee in hul eie lewens op `n manier wat hulle dalk voorheen nie van bewus was nie. En toneelspel is kommunikasie.
 
Hoekom moet mense Dark Tide gaan kyk?

Dis `n naelbyt riller wat regtig wys hoe pragtig Kaapstad is.

Vir nog foto's van Halle en Luke op stel, klik by www.spling.co.za Egoli se Donna speel ook in Dark Tide...
Onthou jy die Suid-Afrikaanse aktrise Thoko Ntshinga? Sy't die rol van Donna Makaula in Egoli vertolk. Sy speel in ook Dark Tide teenoor Halle Berry. Jy kan haar in die voorprent hieronder sien... Halle Berry en Thoko Ntsinga