En hul verlowing klink amper soos ’n Spoegwolf-liedjie, want Danie het die ja-woord op ’n sypaadjie op Stellenbosch gevra … buite die einste eetplek waar hulle op hul eerste date was. 

Die verliefde paartjie het daarna hul verlowing by die Basic Bistro-restaurant gaan vier saam met familie en vriende, wat van die balkon van die twee se woonstel oorkant die pad geloer het hoe Danie op sy knieë gaan.

FOTO: Instagram / @margueritevaneeden

Marguerite (21) en Danie (25) is beslis ’n talentvolle duo. Vir haar skitterende spel in die rolprent Vaselinetjie het Marguerite by verlede jaar se kykNET Silwerskermfees eervolle vermelding ontvang as beste opkomende aktrise. Sy gaan vanjaar weer in die rol van Anita in die kykNET-program Sara se Geheim te sien wees. 

Danie het ook al naam gemaak op die verhoog en kassie. Hy is deel van die Stellenbosse Afrikaanse rockgroep Spoegwolf, wat verlede jaar ’n vierde album (Donker Toring) uitgereik het. Die groep het ook in die VIA-televisieprogram Spoegwolf soek nuwe bloed verskyn.

All we need to do is be brave and be kind - The National

A post shared by Danie du Toit, Reënwolf (@danie_reenwolf) on

Marguerite het verlede jaar aan Huisgenoot vertel dat Danie, toevallig ook haar geskiedenis-dosent, haar gevra het om in ’n Spoegwolf-musiekvideo te verskyn. Sy was sedertdien in verskeie van die groep se video's.

Met hul eerste ordentlike ontmoeting het hulle al geweet – hier kom ’n ding. En ’n jaar later, ’n ring!

Shoutout na hierdie girl, @margueriteve wat alles moontlik maak.

A post shared by Danie du Toit, Reënwolf (@danie_reenwolf) on