Hierdie vyfster- wildernis-wegbreekplek is geleë in die Cederberge, 270 km van Kaapstad. Dis 'n ekologiese oase, 'n eg Suid-Afrikaanse erfenisgebied, waar luuksheid en die natuur in harmonie saamleef. Van die aardse dog luukse-verblyf, tot die kontemporêre Kaapse kookkuns, top-klas spa en vlaktes vol vars lug, is dit g’n wonder dat Bushmans Kloof bekroon is. Daar's sowat 130 plekke in die reservaat waar boesmantekeninge nog sigbaar is en talle bedreigde plant- en dierspesies het hier 'n huis gevind.

Besoek www.bushmanskloof.co.za vir meer.

Het jy geweet?
Die Twelwe Apostles-hotel in Kaapstad het die toekenning as beste stadshotel in die wêreld en beste hotelspa in Afrika en in die Midde-Ooste by dieselfde geleentheid gewen.