Hulle vier Barbie die popkultuur-prinses, Barbie die mode-ikoon en Barbie die globale simbool van girl power.

En nou doen SA óók ons deel – 'n Barbie-geïnspireerde mode-vertoning by die Sanlam SA Modeweek. Op Woensdag 16 September vertoon top SA-mode-ontwerpers hul Barbie-geïnspireerde ontwerpe vir die moderne vrou.