Candice Swanepoel, die SA model wat die mode-wêreld aan haar voete het, was vroeër vanjaar in die land om meer bewustheid vir die liefdadigheidsorganisasie Operation Smile te skep.

Candice het met Woolworths, MySchool MyVillage MyPlane en Operation Smile in Suid-Afrika saamgespan om hierdie Kersfees vir kinders wat met ’n gesplete lip of verhemelte gebore is, beter te maak. Danksy Woolworths se MyVillage-inisiatief sal 100 kinders operasies kry wat hul lewens sal verander.

SARIE.com het saam met Candice in die Kaap gekuier toe sy oor die inisiatief gepraat het. In die video hieronder vertel sy wat dit vir haar beteken het om saam met dié kinders te werk.

Woolworths probeer om nóg R500 000 vir hierdie doel in te samel. En jy kan help. Hulle skenk tot 25 Desember vanjaar elke keer geld as jy jou MySchool MyVillage MyPlanet of Woolies-kaart gebruik wat aan dié inisiatief gekoppel is.

Jy kan ook bydra deur James Brown se goedvoel-liedjie “I Feel Good"”, wat deur die Soweto Gospel Choir verwerk is, vir slegs R8,99 af te laai.

Soek vir "Woolies Feel Good" op iTunes of SMS FEEL GOOD na 38537. Elke SMS kos R10 en alle geld befonds Operation Smile SA.

Candice Swanepoel Operation Smile Woolworths Candice Swanepoel Operation Smile Woolworths

Waarom dié operasies?

’n Kind met ’n gesplete lip of verhemelte word baie maal verstoot. Hulle word gespot omdat mense dit nie verstaan nie, sê Braam Malherbe, Operation Smile SA se ambassadeur. Dit beteken soms dat die kinders nie wil skool toe gaan nie en dít beperk hulle om gesonde verhoudings te bou of werk as ’n volwassene te kry. Die goeie nuus is dat ’n operasie om ’n gesplete lip reg te maak sowat 45 minute neem en die kind se lewe vir altyd verander. Operation Smile SA het al meer as 4 500 rekonstruktiewe operasies verniet gedoen. Die span het onlangs teruggekeer van Rwanda en wil hierdie maand vir sowat 100 kinders die geleentheid gee om vir die eerste keer normaal te eet, drink en praat. Die geld vir dié operasies is tydens verlede jaar se Woolworths-veldtog ingesamel. Candice Swanepoel Operation Smile Woolworths

Ons moet almal bly hoop, want kyk na my - enigiets is moontlik

- 8-jarige Rafael vol selfvertroue ná sy operasie

Vertel ons jou planne vir Kersfees op Facebook of Twitter en gebruik die 'hashtag' #SARIEkersfees