Candice Swanepoel is vinnig besig om een van die wêreld se bekendste modelle te word. Met só 'n lyf en só 'n gesig is daar geen twyfel waarom sy een van Victoria's Secret se 'angels' is nie. Dié KwaZulu-Natal-skoonheid (sy is in Mooirivier gebore) het verlede jaar Forbes se lys gehaal van die top-10 modelle wat die meeste geld verdien.

Op die Australiese Vogue-voorblad wys Candice dat sy nie net in swemklere of onderklere hoef te wees om die koppe te laat draai nie. Haar klassieke skoonheid kom tot reg in die styvolle moulose middernagblou Peplum-bloes. Die kleur komplimenteer haar ysblou oë wat onder haar blonde kuif uitloer.

Candice het dié voorblad bo ander sterre gekry wat ook in dié uitgawe verskyn soos die aktrise Eva Mendes en die plus grootte-model Robyn Lawley.

Candice is ontdek deur 'n modelagent op die ouderdom van 15 by 'n vlooimark in Durban. Sy gaan uit met die Braziliaanse model Hermann Nicoli wat sy in Parys ontmoet het toe sy 17 was.

Kry Candice se voorkoms só:

Fifi Peplum Top

Fifi Peplum-top (BO) en Minette Peplum-rok (ONDER) te koop in die SARIE-winkel binne Spree. Kry dit hier!

Minette Peplum Dress

Navy Blue Watch

Blou horlosie met diamanté-detail te koop in die SARIE-winkel binne Spree. Kry dit hier!

Kry rokerige oë in 6 maklike stappe. SARIE wys jou hoe!
SARIE wys vir jou stap vir stap hoe om jou lippe se sensualiteit te beklemtoon met net genoeg lipkleur om die oog te tref.