Louise du Toit, 'n SA sangeres en kunstenaar wat al 18 jaar op die eiland Corfu in Griekeland woon, het in 1991 die destydse SAUK-ATKV-liedjieskryfwedstryd gewen met "Gryppit". Sy is getroud met 'n musikant, Christo, en hulle het twee kinders, Hermine en Stamatis. Louise het al talleCD's gemaak, gaan 'n album opneem van liederewat sy onlangs gesing het vir 'n produksie van The VaginaMonologues op Corfu, en het pas 'n musiekblyspel vir kinders, The Witch of Woccabocca, voltooi. Sy het onlangs op die eiland voor die Marokkaanse koningin, Lalla Salma, en haar man, koning Mohammed VI, kroonprins Moulay Hassan (7) en prinses LallaKhadija (3) opgetree.
*Lees in jou September-SARIE meer oor dié spesiale optrede.