Suid-Afrika se beste eetplekke word jaarliks deur EatOut aangewys, en The Test Kitchen is wéér tops. Dié restaurant van sjef Luke Dale-Roberts was laasjaar óók as die beste in SA aangewys.

Die top lyk vanjaar só - en daar is vier restaurante wat nié in 2013 op dié lys was nie:

1. The Test Kitchen (Kaapstad)

2. Five Hundred (Sandton)

3. The Tasting Room (Franschhoek)

4. Restaurant Mosaic (Pretoria)

5. Jordan Restaurant (Stellenbosch)

6. Overture (Stellenbosch)

7. Rust en Vrede (Stellenbosch)

8. DW Eleven-13* (Johannesburg)

9. The Restaurant at Newton Johnson* (Hemel-en-Aarde-vallei)

10. Terroir* (Stellenbosch)

The Greenhouse, Hartford House, Camphors by Vergelegen en Pierneef à La Motte het nié vanjaar dié gesogte lys gemaak nie.

Die ander pryse

Eat Out S. Pellegrino Sjef van die Jaar: Chantel Dartnall, Restaurant Mosaic

Grolsch Uitmuntende Diens-toekenning: The Tasting Room

Die Nederburg Rising Star: Kobus van der Merwe, Oep ve Koep

Tsogo Sun Wyndiens-toekenning: Patson Mathonsi, DW Eleven-13 The Lannice Snyman Lewenslange bydrae (saam met Paarl Media): Eduan Naude en wyle Brian Shalkoff Boschendal styl-toekenning: Equus Dine at Cavalli Beste Oosterse restaurant: Kyoto Garden Sushi Beste elke-dag-eetplek: Chefs Warehouse & Canteen Ons kosredakteur, Herman Lensing, was by die toekenningsgeleentheid: