Dis modeweek in die Groot Appel en dit beteken net een ding: Groot name vergader in die stad. Dis een van die grootste modeweke in die bedryf met ontwerpers soos Tom Ford, Calvin Klein en Carolina Herrera wat hul Lente/Somer 2019-reekse wys. 

Twee Suid-Afrikaners was ook daar. Die TV-persoonlikheid Bonang Matheba, wat 2,1 miljoen Instagram-volgelinge het, het in styl opgedaag. En Mej. Heelal 2017, SA se eie Demi-Leigh Nel-Peters wat tans daar woon, het soos altyd pragtig gelyk.

Bonang is 'n bekende in modekringe. Sy word deur groot name geklee en leef haar eie styl met selfvertroue uit.

KYK DIE STYLVOLLE UITRUSTINGS

FOTO Instagram/ @bonangmatheba
FOTO Instagram/ @demileighnp
FOTO Instagram/ @bonang_m
FOTO Instagram/ @demileighnp
FOTO Instagram/ @demileighnp
FOTO Instagram/ @bonang_m