Soek jy inspirasie vir jou volgende snor? Moenie verder kyk as van Suid-Afrika se grootste legendes nie. Dié menere weet hoe om vir jou ’n snor te dra. 

Luister sommer na wyle Bernoldus Niemand se "Snor City" terwyl jy die opsies deurkyk.

Hier's ’n paar snor-ikone:

OPSIE 1: At Koster (Hans Strydom)

Hy is nie net die baas van Binnelanders nie, maar kan ook sy snor staan. 

FOTO Facebook/ Binnelanders

OPSIE 2: At Botha

Van een At na ’n ander. Dié Afrikaanse akteur en sy meneer van ’n snor het al in flieks soos die rolprente Blink Stefaans, Stander en die reeks Vyfster gespeel. 

FOTO The Art Gallery

OPSIE 3: Spike Potas (Pierre van Pletzen)

Lank voor hy Die Laan se Oubaas van Zyl geword het, was hy woonagtig te Orkney. Gewapen met sy snor het Spike elke dag by Hendrik van Tonder (Zack du Plessis) gaan gereedskap leen. 

Spike (Pierre van Pletzen) in gesprek met Hendrik van Tonder (Zack du Plessis). SKERMGREEP YouTube

OPSIE 4: Schalk Bezuidenhout

Die komediant en ster van Kanarie is nie net bekend vir sy tannie Kotie-truie en krulkop nie, die hare op sy bolip staan net soveel uit. #Snorseun

FOTO Instagram/ Schalk Bezuidenhout

OPSIE 5: Marius Weyers

Ja, die bekroonde akteur dra dalk deesdae ’n baard, maar in die 70's en 80's was hy ’n snorman. 

SKERMGREEP YouTube

OPSIE 7: Ferdie Kruger (James Borthwick)

Hy kan dalk nie ’n vyfsterhotel bestuur nie, maar ou Ferdie van Hotel Fransen se snor kry volpunte. Die Hotel-karakter het gewys dat jy enige krisis met ’n snor kan aanpak. 

SKERMGREEP YouTube

OPSIE 8: Bouwer Bosch 

Liefde Wen! veral as jy ’n goed gevormde snor het. Die akteur, liedjieskrywer en entrepreneur Bouwer Bosch se snor is pure 80's-kuns. 

FOTO Instagram/ Bouwer Bosch

OPSIE 9: Jack Parrow

In die lied "Vraagstuk" sing hy hoeka: "As jy my soek ... ek is die ou met die snor by die bar." Die Afrikaanse kletsrymer weet hoe om ’n weglêsnor vir hom te laat werk.

FOTO Instagram/ Jack Parrow

OPSIE 10: Peter de Villiers

Of jy nou van die voormalige Springbok-breier hou of nie, jy moet erken ou Snorre het ’n behoorlike bolip-bederf gehad. Touch, pause, moustache.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Watter snor gaan jy in November aanpak?