In 2010 het Instagram ons lewe kom oorneem. Skielik was almal – bekendes inkluis – op die fotonetwerk. En kry ons ’n kykie in van Hollywood-sterre tot koninklikes en presidente se lewe. Én natuurlik ons eie groot name: Charlize Theron, Trevor Noah, Bonang ... Ja, SA bekendes is ewe mooi, stylvol en suksesvol met miljoene volgelinge op Instagram.

Ooit gewonder wie die gewildste is?

SA se top-10 op Instagram

1. Candice Swanepoel: 12,5 miljoen volgelinge

Met haar miljoene volgelinge moet die blondekop-skoonheid SA se bekendste model wees. Sy is veral bekend as Victoria’s Secret-model.

FOTO Instagram/ @angelcandices

2. AB de Villiers: 6,5 miljoen volgelinge

Die oud-Protea-krieketkaptein, een van die bestes wat die spel ooit opgelewer het, is die enigste sportster op ons top-10.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

 3. Charlize Theron: 3,7 miljoen volgelinge

Sy is Suid-Afrika se goue meisie in Hollywood. Met ’n Oscar agter haar naam en haar Benoni-houding is sy wêreldwyd ’n ikoon.

FOTO Instagram/ @charlizeafrica

 4. Trevor Noah: 3 miljoen volgelinge

2015 se Suid-Afrikaner van die Jaar (volgens Twitter) en “titaan van laataand-televisie” (Vanity Fair!) neem letterlik die komediewêreld oor. Sy geselsprogram, The Daily Show, ryg die toekennings in.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

 5. Minnie Dlamini: 2,4 miljoen volgelinge

Dié TV-aanbieder en glanspersoonlikheid was die eerste in Suid-Afrika wat 1 miljoen volgelinge kon haal.

FOTO Instagram/ @minniedlamini

 6. Boitumelo Thulo: 2,2 miljoen volgelinge

Kort op haar hakke is Boity, model, aktrise en TV-aanbieder.

FOTO Instagram/ @boity

7. Bonang Matheba: 2,2 miljoen volgelinge

SA se eie Kim Kardashian, entrepreneur, aanbieder van glansgeleenthede, skrywer, SA se eerste ambassadeur van Revlon ... niks stuit Bonang nie. 

FOTO Instagram/ @bonang_m

8. Cassper Nyovest: 2,1 miljoen volgelinge

Die rapper wat die Orlando-stadion kan volmaak (wel, amper), se regte naam is Refiloe Maele Phoolo.

FOTO Instagram/ @casspernyovest

9. Pearl Thusi: 2 miljoen volgelinge

Dié model en TV-persoonlikheid is ook bekend vir haar rol in die Amerikaanse dramareeks Quantico.

FOTO Instagram/ @pearlthusi

 10. DJ Zinhle: 1,8 miljoen volgelinge

Dié talentvolle platejoggie het nie net ’n string toekennings agter haar naam nie, maar ook miljoene in haar bankrekening.

FOTO Instagram/ @djzinhle