Die SA skrywer, Nobelprys-wenner en aktivis Nadine Gordimer is gister in die ouderdom van 90 oorlede, berig Eye Witness News.

Volgens haar familie is sy by haar huis in haar slaap oorlede. Gordimer se seun, Hugo, en dogter, Oriane, asook haar versorgers was aan haar sy. Een van haar trotse oomblikke was toe sy in 1991 die Nobelprys vir Letterkunde gewen het. ’n Ander oomblik wat volgens haar gesin vir haar uitgestaan het, was toe sy by die Delmas-verhoor getuig het. Gordimer het geskryf oor sake na aan Suid-Afrikaners se harte, soos morele en ras-kwessies. Sy het haar ook beywer vir slagoffers van MIV/vigs.

Bronne: Eye Witness News en Wikipedia