Sandra Bullock het Saterdag, 26 Julie, haar 50ste verjaardag gevier - en dit lyk of sy baie pret gehad het!

Sy het dié spesiale dag saam met haar gesin en vriende gevier. En een ding is seker - Sandra neem nie ouderdom kop toe nie!

People berig die komediante Chelsea Handler en Whitney Cummings, en Sandra se suster, Gesine Bullock-Prado, was van die gaste wat tot laat saam met haar partytjie gehou het.

Die groep vriendinne het al die Donderdagaand voor haar verjaardag begin feesvier. Hulle was by die Million Dollar Cowboy Bar in Wyoming. Die sanger van die Southern Soul Allstars, die groep wat daardie aand in dié kuierplek gespeel het, het aan People vertel dat die vriendinne op maat van hul musiek gedans en baie foto's geneem het.

Van die foto's van die feesvieringe wat die hele naweek geduur het, het op sosiale media beland. (Kyk onderaan dié artikel vir dié foto's.)

Nóg celebs wat al die groot 50 gevier het

FOTO: SARIE FOTO: SARIE

FOTO: Clinton Lubbe FOTO: Clinton Lubbe

... en Steve word vanjaar ook 50!

Op 29 Augustus vier Steve sy groot 50!

Steve Janine Maart voorblad cover

Agter die skerms by Steve en Janine se voorbladfotosessie FOTO: Phyllis Green Agter die skerms by Steve en Janine se voorbladfotosessie
FOTO: Phyllis Green

Sandra Bullock se 50ste

Sandra en haar suster, Gesine

Die kuierplek

Laataand / vroegoggend-manewales