Hy was die voorsanger van die groep 'n Man soos Jan, wat laas jaar die Vonk-toekenning vir beste nuweling gewen het met hul album Die ritme van jou naam. Die groep het ook die temamusiek van die Glitterati-geselsprogram op kykNET geskryf.

Hanno het sy BA-graad in Drama en Toneel in 2006 by Kovsies ontvang, maar is ook daardie jaar met kanker gediagnoseer. En later daardie jaar is sy ma ook aan kanker oorlede. In Mei vanjaar is testikulêre kanker by hom ontdek, berig www.jouwêreld.co.za

Op die groep se Facebook-blad het die tromspeler JP van Schalkwyk geskryf:

"Hanno van Heerden het vroeg vandag sy stryd teen kanker verloor. Dié ongelooflike sanger, musikant en liedjieskrywer het soveel van ons aangeraak met sy woorde, liefde en vriendskap. Baie dankie aan almal wat hom bygestaan het. Ek wil graag my medelye aan sy familie en vriende oordra. Ek wens vir julle vrede en hoop... dat die gedagte dat hy nou op 'n beter plek is rustigheid sal bring."