'n Gebedsversoek is deur vriende en kennisse begin vir die sanger Helenè Bester se herstel. Sy het na bewering gister inwendig begin bloei en moes inderhaas 'n noodkeisersnit kry. Sy was 32 weke swanger en haar baba is oorlede.

Dit lyk of sy op hierdie oomblik stabiel is, maar sy kry steeds bloedoortappings.

Vanoggend het 'n Facebook-vriendin Belinda Brönner die volgende op Helené se Facebook-muur geskryf: "Helene Bester, het ons almal se gebede baie nodig, Sy was agt maande swanger en het inwendig begin bloei. Het nood kieser gehad, hartseer die baba is dood. Klont in haar long, kan dit nie oplos nie, want sy bloei nog inwendig. Haar lewe is ernstig in gevaar.
Here wees asb vir Helene genadig en voorsien in 'n bo natuurlike wonderwerk. Ons dien 'n groot God . Gee haar nou vertroosting en omferm haar met u onvoorwaarderlike liefde.
Stuur aan, sodat almal saam kan bid vir haar. Waar twee en meer mense in Jesus naam saam bid gebeur daar wonderwerke."

Nóg woorde van ondersteuning is besig om in te stroom op sosiale netwerke soos Facebook en Twitter, soos Jay wat pas getwiet het: "Ons gedagtes is by jou @helenebester".

Steve Hofmeyr het laat weet: "Ek verneem Helenè Bester lê in ICU. Geboortekomplikasies. Sy is n engel en verdien almal se gebede. Sterk aan kollega."

Juanita du Plessis skryf "My gebede gaan uit na jou @HeleneBester, my mede kollega.. God is Groot! Mag jy spoedig herstel! x"

* Helené se Facebookblad