Jan het op sy Facebook-blad bekend gemaak dat hy nou "terug is in die samelewing" en dié keer die lewe anders wil aanpak. "Ekself is so gatvol vir die opstaan stories en 'jy is weer terug'," het hy geskryf en verder uitgewei: "Ek is terug in die samelewing en het besluit om alles in my lewe te verander."

Die eerste verandering? Hy doen nou self sy besprekings en sal ook nie meer met ’n orkes optree nie.

Die Groen trui-sanger verduidelik verder in sy baie eerlike Facebook-status hy "stel glad nie meer belang in ’n loopbaan as sulks nie en gee glad nie om waarheen dit gaan nie. Ek sing en speel omdat ek lief is daarvoor en ek hoop die mense wat daarna luister kry iets daaruit."

Hy verduidelik dat hy voortaan ’n meer "normale" lewe wil lei en ander dinge met sy lewe wil doen, soos om meer tyd saam met sy dogter deur te bring. "Ek was nog nooit n rock star nie en wou ook nooit een wees nie," verduidelik hy.

"Ek wil net gesond wees en happy wees en my geliefdes happy sien."

Jan het verlede Desember na ’n rehabilitasiesentrum gegaan om fokus en insig te kry. Hy ly aan bipolêre gemoedsteurnis, wat gelei het tot sy stryd met ’n afhanklikheidsprobleem. Sy nuutste CD, Breyten se brief en die dekade daarna, is in Mei uitgereik.

Lees Jan se hele Facebook-status hier

187438075 MOODMeer oor bipolêre gemoedsteurnis en verslawing