"Howdy friends," het sy by die foto op Twitter geskryf. Haar verloofde Eric Johnson is Maxwell se pa. Byna 'n week na Maxwell se geboorte (1 Mei 2012) het Jessica gesê dat sy verlief is op haar. En dat moederskap die beste ervaring ooit is.

"Als het verander. Van hoe ek slaap tot waaroor ek dink. Maxwell het als in my lewe oorgeneem," het sy aan People-tydskrif gesê.

Jessica Simpson en baba Maxwell op People se voorblad