Kan jy nog onthou hoe Nádine jare gelede Krappies & Krefies op Johan Stemmet se Noot vir noot gesing het? En nou is sy met haar eie program vanaand op die kassie!

SABC2 begin ’n splinternuwe TV-program om jou musiekkennis te toets, Musiek Roulette. Dié program word beskryf as die nuwe Noot vir noot en die aanbieder is niemand anders nie as die sangeres Nádine.

Musiek Roulette wys vanaand, 8 Augustus, op SABC 2 om 19:30.

En dié reeks begin met skop. Die gaskunstenaars vanaand is Marcel d’Almeida, Naz Holland en Kurt Darren. Tussen dié 3 sing hulle 14 bekende liedjies en die deelnemers moet dan vrae beantwoord.

kurt_darren_310w_310w

Finaliste in dié program bepaal self hoeveel geld hulle wen deur hul musiekkennis bloot te stel. Drie finaliste word uit die gehoor gekies nadat hulle vooraf aan oudisies moes deelneem. Hoe kwalifiseer finaliste vir dié speletjie? Jy moet ’n sekere gedeelte van ’n spesifieke lied sing sodra die inleiding van dié lied gespeel word.

Gaan jy vanaand inskakel om te sien hoe die deelnemers vaar?Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Lees nóg