Dit voel soos nou die dag dat sangeres Nianell se drieling gebore is. Ons kan nie glo hoe vinnig dié drie klein dames grootgeword het nie!

Die gewilde sangeres van Omaruru in Namibië het verlede Woensdag op haar dogters, Kaeley, Jade en Tayden, se sewende verjaarsdag vir hulle ’n boodskap uit die hart op haar Facebook-blad gedeel. Sy skryf:

"Vandag, 7 jaar gelede, het ek geboorte geskenk aan drie pragtige klein meisies en my lewe was nooit weer dieselfde nie. Julle het my geleer om te speel en om pret te hê. Julle het my geleer om net te wees en in die oomblik te lewe. Dankie dat julle my gekies het om jul mamma te wees. Ek is baie lief vir julle."

Kyk net hoe groot is die drie al!

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

Partytjie-tyd!  FOTO:  Facebook  Partytjie-tyd!
FOTO: Facebook

Só het die drietjies net ná hul geboorte gelyk

FOTO:  Facebook  FOTO: Facebook

Ons het verlede jaar met Nianell gesels oor die uitdagings van moederskap en hoe dit is om saam met haar man, Andrew, wat ook haar bestuurder is, te werk. Lees dié onderhoud HIER.