Afri-Frans is 'n CD vol van die mooiste en gewildste Afrikaanse liedjies - dié keer in Frans gesing deur die Franse kunstenaar, Myra Maud en die eerste keer op RSG gespeel! En in 2010 bring SARIE dié besondere vertoning na gehore dwarsoor Suid-Afrika. Die eerste optredes sal by 2010 se KKNK afskop. Al die groot name is daar! Laurika Rauch, Anna Davel en Mathys Roets tree saam met Myra Maud op. En Anna-Mart van der Merwe sal digkuns voorlees.



Laurika Rauch

Anna-Mart van der Merwe

Maud Myra

Matthys Roets

Kyk dié lusmaker-video!

Die projek is gekonseptualiseer deur die talentvolle komponis, jazz pianis, vervaardiger, klank-ingenieur en entrepreneur, Matthys Maree.

Naomi Morgan (Universiteit van die Vrystaat) het elke Afrikaanse liedjie ontrafel en weer in Frans bymekaar geweef wat Afri-Frans nou 'n trotse toevoeging tot SA'ners se CD-versameling maak.

Cote Atlantique, Cabane dans l'orage, Epis d'eau en Chanson du vent is maar net Frans vir Blouberg se strand, Huisie by die see, Waterblommetjies en Sonja Herholdt se immergroen Ek verlang na jou.

Luister na die snitte hier.

Besoek Afri-Frans se webtuiste vir meer inligting.

Kyk die dokumentêr