Dié reeks uit die pen van Henriëtta Gryffenberg begin 18 Oktober op SABC2.

Ons het gister van die aksie beleef toe ons by die opname van twee tonele was. Die akteurs werk 12-uur-dae en is dit almal eens: "Dis ’n reeks om op trots te wees!"

Kyk net na die agter-die-skerms-foto’s! 

Die regisseur, Peter Heaney, saam met Jana en Susan.

Grimeerkunstenaar Nicola Wheeler sorg dat Corine du Toit se kopband in plek is. Corine speel die rol van ’n kankerlyer, Roxy. Jana Strydom
Die produksiespan in aksie. Susan Beyers en Jana Strydom is vroegoggend besig met ’n toneelopname in ’n boks-ateljee in Johannesburg. Jana speel die hoofrol van Kate en Susan speel haar ma, Ansie.
Nicola knap Jana se grimering op. Jana en Corine deel ’n grappie.
Corine du Toit Peter Heaney kyk na tonele wat reeds opgeneem is.
Jana en Bobby Israel in karakter.
Israel in karakter. Dries Botha
Een van die buurt se honde wou ook deel van die toneel wees. Peter Heaney saam met Elaine Butler, teksredigeerder.
Trevor Brown, wat in beheer is van die reeks se fotografie, se kamera is gereed om die aksie vas te vang. Bongo Mbutuma speel Vuyo, die slagoffer van die kaping. Die akteurs maak gereed vir die eerste opname van die toneel.
Dries Botha, wat die rol van Malherbe speel, het vertel sy karakter is ’n regte baddie. “Heroïngebruik, kapings, geweld. Noem dit, ek doen dit!” Die assistent-regisseur Eduard van Jaarsveldt verduidelik die toneel vir Israel Makoe. Israel speel een van die kapers, Dude.
Die produksiespan maak gereed vir ’n kapingstoneel in Johannesburg se strate. Bobby Heaney het later opgedaag. Hy’t vertel hy het Erfsondes se regisseurstoel aan sy seun Peter oorgegee. “Mens moet die jongklomp ook ’n kans gee,” het hy gespot. Bobby is die uitvoerende vervaardiger van Erfsondes en kom gooi elke dag ’n ogie tydens die opnames.