Hul keuses word bespreek om hul besluite te verduidelik.

“Die hele idee is om die ongelooflike talent in ons land te vereer en vir sporthelde, kunstenaars en legendes te wys die man op straat waardeer hulle opreg,” sê Franci Swanepoel, mede-vervaardiger van die reeks.  

Daar gaan onder meer gekyk word na die top-10 sangers, aktrises, legendes, rugbyhelde en moeilikheidmakers, om maar net ’n paar te noem.  

“Dis verslawend om te sit en wag om te sien  wie die Nr. 1 in elke kategorie is,” vertel Franci verder.

Fanie het die volgende te sê oor die nuwe reeks:

"Dis hoogtyd dat daar 'n progam is wat uitsluitlik gaan oor plaaslike bekendes, veral omdat ons Afrkaanssprekende mense so lief is vir ons mense in die kollig.

10 UIT 10 is meer as net vermaak. Dit is interessant om te sien wat ons popkultuur is. Ons maak tog eintlik self daai mense: Ons ondersteun hulle en maak hulle gewild. Dis 'n weerspieëling van ons eie psige.

Omdat ons kies om van hierdie mense te hou, wys dit wie ons is, dit is ons smaak.

Al kies ek nie self wie op die lys is nie, geniet ek my opinie oor hulle geweldig."

In die eerste program wys hulle 10 UIT 10 se gunsteling-sangers.

DIE PANEEL BESTAAN UIT:

Fanie Cronjé – Styl- en sosiale redakteur: SARIE
Margit Meyer-Rödenbeck – Aktrise, beter bekend as Dowwe Dolla
Angola Badprop – Vermaakredakteur: Sondag
Ilza Roggeband – Vryskut-joernalis

Haidee Muller – Assistentredakteur: Huisgenoot Tempo

Onthou: Elke Woensdagaand om 21:00 is 10 uit 10 te sien op kykNET, kanaal 111 op DSTV.