Herman gaan in ’n episode van die nuwe Jou Show met Emo-reeks sy koek-versier-tegnieke met die gehoor deel.

Al dié opwinding vind plaas by die Grand West Casino in Kaapstad, saam met Emo en Wicus van der Merwe. En jy kan gaan kyk!

Vir net R50 ’n kaartjie kan jy twee lewende opnames van die nuwe reeks van Jou Show met Emo sien, én ’n kans staan om op TV te verskyn. Die reeks word in Augustus op kykNET uitgesaai.

Jou Show met Emo is al vir jare ’n gewilde program op kykNET, maar kykers kan in dié reeks iets heeltemal anders verwag. Elke episode word voor ’n gehoor opgeneem en Emo se groot maat, Wicus van der Merwe, is nou mede-aanbieder.

Die twee het hope pret op die verhoog. Jy kan ook bekendes soos Lizz Meiring, Tammy-Anne Fortuin, Sharleen Surtie-Richards en Neels van Jaarsveld verwag. En gewone mense met interessante, snaakse of eienaardige gewoontes en stokperdjies: Elvis-nabootsers, toorkunsies, lyfknopers en mal hipnose-truuks – dit gaan sing en dans, improviseer, gekskeer en mal gaan!

Daar is net 200 kaartjies beskikbaar en dit verkoop soos soetkoek. Koop dadelik jou kaartjie by Computicket om teleurstelling te voorkom