Die Desember-uitgawe van SARIE sal vandag reeds (Vrydag 6 November) in die Kaapstad-omgewing beskikbaar wees. In die res van SA sal SARIE teen Maandag 9 November op die rak wees.

Kry jou SARIE vandag hier:

Weskus: Alle gebiede tot by Melkbosstrand (Malmesbury uitgesluit)
Noord: Alle gebiede tot voor die Hugenote-toneel
Suid & Oos: Alle gebiede tot voor Sir Lowry's-pas

In jou nuwe SARIE:

  • Lees ons onderhoud met Amor Vittone oor die 12 lewenslesse wat sy vanjaar geleer het. Plus: Jy kan een van 10 van haar nuwe CD's, Glo altyd aan môre, wen.
  • Nataniël speel Betlehem se ster
  • Ons praat met die Bokke se no.1, John Smit – man van geel rose en slaaptydstories
  • Izak de Villiers groet ons vir oulaas
  • Kersfees is vir saamkuier – die kos, die mode en die dekor!

**Onthou om jou eerste uitgawe van SARIE WOON op die rak te kry