Wenk: hy het al menige vrou se hart gesteel met sy diep stem (én lirieke).

FOTO: Twitter FOTO: Twitter (@bobbyvjaarsveld)

Dis Bobby van Jaarsveld! Dié akteur en sanger van treffers soos "Spieëltjie" en "’n Vrou wil dit hoor" het vanoggend twee foto's uit sy kinderdae op Twitter gedeel. "Toe ek klein en onskuldig was ... #diegoeieoudae," het hy getwiet.

FOTO: Twitter (@bobbyvjaarsveld) FOTO: Twitter (@bobbyvjaarsveld)

’n Hele paar jaar later het die blondekop op dié foto's ’n vrou, Annatjie, en twee seuns Sion (2) en Leben (1). Dink jy dié twee lyk soos hul pa?

Nóg onder #SARIEraai op SARIE.com