Dié 28-jarige aktrise se toekoms is blink - in Hollywood en dalk ook in Washington.

"Dink ek daaraan om 'n voltydse politieke beroep te hê? Dalk nie. Maar wie weet?" het Scarlett in 'n onderhoud met Harper's Bazaar gesê."Ek beperk nie my geleenthede nie. As ek tyd het, sal ek graag betrokke wil word in die politiek - my stem kan dalk iets beteken."

President Affleck?

Scarlett is 'n feminis en is ook 'n groot Hillary Clinton-ondersteuner. "Ek dink Hillary Clinton sal 'n wonderlike president wees. Ek dink ons kan baat om iemand aan bewind te hê wat 'n ma is," dink dié slimkop.

VIDEO: Scarlett in 'n veldtog vir Barack Obama

Eers werk, dan 'n gesin

Scarlett sê sy wil baie graag eendag 'n gesin hê, maar gaan nie nou tyd afknyp daarvoor nie. Sy gaan op die oomblik uit met die Franse joernalis Romain Dauriac en is besiger as ooit. Sy het 5 films wat in die volgende 18 maande bekendgestel word.

Kry haar voorkoms

FOTO: Harper's Bazaar FOTO: Harper's Bazaar

Wenkbroue

Toe M.A.C onlangs hul skoonheidstrends vir die somer met die skoonheidsredakteurs gedeel het, het hul grimeerkunstenaar, Michelle-Lee Collins, juis oor vol wenkbroue gesels en ook ’n paar goeie wenke gegee. Sy sê:

  1. Maak seker jou wenkbroue se vorm het nie te veel van ’n oordrewe boog nie. Dit kan jou ouer laat lyk. Wenkbroue wat meer reguit is, is modern.
  2. Kleur jou wenkbroue in tot lekker naby aan jou neus sodat dit nader aan mekaar voorkom. Hoe verder jou wenkbroue uitmekaar is, hoe breër lyk jou neus.
  3. As jy mal is oor dié tendens maar nie geseën is met vol wenkbroue nie, kan jy dit voller laat lyk deur dit opwaarts te kam met ’n borseltjie voordat jy dit inkleur. Dit sal jou wenkbroue fluffy maak en weliger laat lyk.

Lees meer oor welige wenkbroue hier

Rooi lippe

Daar is ’n rooi lipstiffie vir elke vrou – jy moet net die regte skakering kry! Rooi lipstiffies het ’n warm of ’n koue ondertoon. ’n Oranje basis maak die lipstiffie warm terwyl ’n lipstiffie met ’n blou basis ’n koue ondertoon het. Het jou vel ’n warm of ’n koue ondertoon? Kyk net na jou polse! As jou are groen lyk het jy ’n warm ondertoon, en ’n blou skakering dui weer op ’n koue gelaat.

Kies die regte rooi vir jou - lees hier

Rokerige oë

Lees meer oor rokerige oë hier