Scarlett Johansson sê haar baba lyk 'heeltemal anders' as wat sy haar voorgestel het, berig Huffington Post.

Dit is duidelik dat dié aktrise se eersteling haar sommer vinnig leer dat moederskap vol verrassings is.

Die 30-jarige en haar verloofde, Romain Dauriac, het in September 2014 hul dogtertjie, Rose, verwelkom. Scarlett, wat verkies om haar persoonlike lewe privaat te hou, speel  oop kaarte in W-tydskrif se Maart-uitgawe.

FOTO: Webtuiste http://www.wmagazine.com/ FOTO: Webtuiste http://www.wmagazine.com/

Sy vertel aan die tydskrif hoe geskok sy was toe sy haar dogter die eerste keer sien: "Toe sy uit my kom, was ek verras. Ek het ’n duidelike prentjie in my kop gehad van hoe my baba sou lyk, en natuurlik is sy heeltemal anders. Perfek, maar nie hoe ek my haar voorgestel het nie."

Die Lucy-ster is ’n voorstander van Hollywood se No Kids Policy en het nog nie ’n foto van Rose gedeel nie. Ons gaan dus heel moontlik óókgeskok wees as ons haar uiteindelik sien.

Bron: Huffington Post