En 'n maand gelede het dié 2 verloof geraak. Marco en René Die paartjie is ongeveer 2 jaar al saam, nadat sy Marco se oog by ‘n konsert gevang het. Volgens gerugte het hy onmiddellik vir sy vriende gesê dat dít die meisie is met wie hy eendag gaan trou! Min het hy toe geweet sy woorde sou waar word! Hy het óók vir sy vriende gesê dat hy nie iets onbenulligs gaan uitdink nét om haar te ontmoet nie. Hy het geglo dat hul paaie sal kruis as dit moet. Kort ná dié uitspraak het Kupido aan die werk gespring en die twee het onverwags in mekaar vasgeloop. En soos die spreekwoord lui: Die res is geskiedenis.
René vertel opgewonde dat Marco die groot vraag uiteindelik, ná vele probeerslae en onderlangse konkelings met haar woonstelmaat, ongeveer so 'n maand terug gevra het. Máár sy vertel ook dat sy elke keer sy planne minwetend in die wiele gery het, veral as sy skielik hul planne vir die dag verander het. Marco het voet by stuk gehou en uiteindelik die ja-woord tydens ‘n week lange kuiertjie in die Kaap gevra. Volgens René het hulle gaan piekniek hou. Sy het niks vermoed nie, want hul het dit tog gereeld gedoen. Marco het vir haar ‘n liedjie gespeel het, maar steeds het sy niks vermoed nie, want dié soort ding was alledaags. Hy het op daardie oomblik al sy moed bymekaar geskraap, die ring te voorskyn gebring en die groot vraag gevra.
René het onlangs ook Johannesburg toe getrek het om nader aan haar geliefde te wees. Sy toer ook gereeld saam met Prime Circle. Sy woon ook in dieselfde sekuriteitskompleks as die res van die groeplede.

Die troureëlings is nog ver van klaar, maar sy weet presies hoe haar troudag moet lyk. Sy en haar ma moet nou met die reëlings begin. Die groot dag word vir April volgende jaar beplan, maar die presiese datum hang af van Marco se besige optrede-skedule én die beskikbaarheid van ‘n droom-onthaalsaal.   

En hier's die ring: