Kim Kardashian en Kanye West se baba North het een jaar oud geword en in Kardashian-tradisie het ma Kim ’n uitspattige partytjie vir die kleinding gehou ...

’n Week ná North se eerste verjaardag (op Vadersdag) het Kim die afgelope naweek ’n verjaardagpartytjie met ’n musiekfees-tema vir North gehou. En al die Kardashians (en die kameras!) was daar ...

Kanye en Kim met klein North by haar spesiale verjaardagkoek FOTO: Instagram (@kimkardashian) Kanye en Kim met klein North by haar spesiale verjaardagkoek
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Hulle het die partytjie "Kidchella" genoem, ’n speling met die naam "Coachella" - ’n baie gewilde boheemse musiekfees wat twee naweke van elke jaar in Kalifornië gehou word.

Soos by die meeste kinderpartytjies het North se partytjie ook ’n springkasteel gehad, maar dís nie waar die pret gestop het nie. Daar was ook ’n ferriswiel, stalletjies op die erf, tente en ’n stalletjie met slush puppies.

Die uitsig vanaf die ferriswiel by North West se eerste verjaardagpartytjie FOTO: Instagram (@krisjenner) Die uitsig vanaf die ferriswiel by North West se eerste verjaardagpartytjie
FOTO: Instagram (@krisjenner)

Kim het dié boheemse partytjie in haar ousus Kourtney en Scott Disick se erf gehou.

Op ’n foto wat Kim op Instagram gedeel het, sien mens dat die klein partytjiegangers in boheemse T-hempies en haarbande getooi was om by dié tema te pas.

Kim het 'n foto van dié kleintjie, wie se naam Ryan is, op Instagram gedeel. Haar man, Kanye, se bynaam staan op die T-hemp FOTO: Instagram (@kimkardashian) Kim het 'n foto van dié kleintjie, wie se naam Ryan is, op Instagram gedeel. Haar man, Kanye, se bynaam staan op die T-hemp
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Khloe Kardashian is ook op meer as een foto met ’n tradisionele Indiaan-kopstuk op haar kop terwyl Kim se jongste sussies, Kendall en Kylie Jenner, op ’n klein verhoog gedans en gesing het.

Die ferriswiel by North se partytjie FOTO: Instagram (@krisjenner) Die ferriswiel by North se partytjie
FOTO: Instagram (@krisjenner)

Kourtney, die oudste van die Kardashian-susters, en Scott het onlangs aangekondig dat hul derde kind op pad is. Die paartjie het reeds twee kinders - Mason (4) en Penelope, wat volgende maand twee jaar oud word. Hulle verwag hul derde kleinding in Desember.

Kinderpartytjie-idees op SARIE.com

Hoewel nie op dié groot skaal nie, kan SARIE jou help om jou kinderpartytjie spoggerig te maak. Ons SARIE PARTYTJIE het vir die eerste keer hierdie jaar verskyn. Hier is ’n paar gratis ontwerpe vir tema-partytjies op SARIE.com:

Nóg Kardashian-nuus op SARIE.com

Bronne: Hello!, NY Daily News & Yahoo Celebrity