Anel se haarkapper, Kim Franklin van Carlton Hair Sandton City, het twee weke gelede haar hare in dié drastiese nuwe styl gesny. “Ek het dit vir my self gedoen," sê sy, al werk dit ook perfek vir haar karakter in die nuwe rolprent Klein Karoo.

“Ek was vir byna agt jaar blond. Die nuwe styl is drasties, maar dit is wonderlik. Ek is 'n natuurlike rooikop en my man, James Alexander (The Wild se Tristan), sê hy is weer verlief op die student wat hy jare terug ontmoet het," sê Anel. James het op Anel verlief geraak toe sy nog 'n rooikop-student was.

“Ek het 'n groot verandering nodig gehad, en ek was só op my senuwees. Maar nou's ek so bly ek het dit gedoen!" het sy gesê.

Watter styl dink jy pas die beste by Anel?