Op Binneland speel hulle die paartjie Daleen en dokter Tertius Jonker, en nou is Desiré Gardner en Reynardt Hugo ook vennote in die regte lewe.

Dié twee sepiesterre maak volgende maand hul eie dramaskool, Die Hugo en Gardner Dramaskool, oop. Dié nuwe skool, wat hoërskoolleerders (Graad 8 -12) drama- en toneeltegnieke gaan leer, maak sy deure op 15 Februarie oop.

Desiré deel haar wenke vir haar somerlyf met ons

Reynardt en sy meisie An-Maré Roothman. FOTO: Phyllis Green Reynardt en sy meisie An-Maré Roothman. FOTO: Phyllis Green Reynardt, wat verlede jaar met SARIE gesels het, het dié aankondiging vroeër vandeesweek op Twitter gemaak.

Boonop lyk dit ook asof sy musiekgroep, ADAM, vandag hul eerste musiekvideo saam met die nuutste lid, Kyle Grant, skiet. Nadat Joe Foster verlede jaar aangekondig het dat hy die groep verlaat, het Reynardt en Hugo Ludik verlede week Kyle as ADAM se nuutste lid bekend gestel. Reynardt het vanoggend vroeg ’n foto van Kyle op die stel van hul nuutste musiekvideo getwiet.

Luister hier na die groep se eerste liedjie saam met Kyle, Sal oorlog vir jou maak. Dié liedjie is deel van die klankbaan van die nuwe Afrikaanse rolprent Pad na jou hart.

WEN een van 50 dubbelkaartjies na die Pad na jou hart-première.